Daniel Metzgar (44) van Brittanje het regstappe gedoen nadat dr. Thomas Desperito in 2009 ’n penis-inplanting op hom uitgevoer het.

Ná die operasie was sy skrotum so groot soos ’n vlugbal-bal geswel en het hy amper agt maande lank aanhoudend ’n ereksie gehad. Om alles te kroon, moes die inplanting in 2010 verwyder word omdat een pyp deur Daniel se skrotum begin steek het.

In die hof is aangevoer die operasie is verkeerd uitgevoer en dat Daniel as gevolg daarvan nie alledaagse goed, soos om die koerant te gaan haal of op sy motorfiets te ry, kon doen nie.

Thomas hou egter vol dis nie sy skuld nie en sy regspan voer aan dis maar iets wat soms gebeur.