Die paartjie van die stad Dezhou in China, het glo gestry nadat die vrou nie haar vervreemde man se oproepe ná ’n laataandskof op 6 September beantwoord het nie. Haar woedende man het glo die volgende dag by haar werk ingestorm en haar aangeval, waartydens hy haar neus afgebyt en ingesluk het, berig die People’s Daily Online.

Die vrou, Yang Han, het aan die Shangdong-televisiestasie gesê: “Die volgende oomblik het hy my kop weggedruk en my neus in een beweging geëet.”

Dokters sê die skade aan Yang se neus is so erg dat sy verskeie operasies gaan benodig. Bykans haar hele neus, insluitend die septum, sagte driehoek en neuspunt, is geëet. Volgens chirurge gaan dit minstens drie maande neem voor haar neus kosmeties herstel kan word.

Volgens plaaslike nuusberigte het Yang beweer haar man – wat twee volwasse kinders uit sy vorige huwelik het – wou hul kind verkoop sodat sy na sy kleinkinders kon omsien. Toe sy weier, het hul paadjies geskei, maar volgens haar hy het haar gedurig aanhou bel.

Die polisie probeer nou om haar man, wat nog op vrye voet is, op te spoor.

Bronne: The Telegraph, Daily Mail, News.com.au