Johannesburg – ’n Oupa het homself en sy vierjarige kleinseun na bewering om die lewe gebring deur gister sy motor in Azaadville naby Randfontein aan die brand te steek, sê Gautengse polisie.

“Deur die dag het die seun se pa ’n oproep van sy skoonpa gekry om te sê hy het die seun gevat en gaan homself en die seun om die lewe bring,” sê die polisiewoordvoerder Kay Makhubela.

“Die pa van die seun het die polisie gebel en vir hulle die motorregistrasienommer gegee.” Kay sê toe die polisie eindelik die motor opspoor, was dit reeds aan die brand.

Die 65-jarige oupa en die seun het onherkenbaar verbrand, sê hy.

Die 65-jarige oupa en die seun het onherkenbaar verbrand, sê hy.

Paramedici sê lede van die publiek het glo die motor gesien en die brand geblus.

Toe die paramedici daar aankom, was die man en seun steeds in die motor, maar niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar, sê die ER24-woordvoerder Chitra Bodasing.

Kay sê die motief vir die moord is nog onbekend.

News24