Die voorval het nie ver vanaf die plek waar 'n ander branderplankryer Sondag deur 'n haai aangeval en beseer is, plaasgevind nie.

In Maandag se voorval het die man op sy branderplank by Ballina aan die kus van Nieu-Suid-Wallis vir 'n brander gewag toe die haai hom van agter aanval. Hy is van die branderplank af getrek en albei sy bene het in die slag gebly.

Volgens die burgemeester van Ballina, David Wright, het sy se vriende, wat langs hom in die water was, hom strand toe gebring waar hulle die bloeding probeer stop en hartmassering toegepas het.

"Maar omdat albei sy bene af was, het hy baie vinnig doodgebloei," het hy gesê.

Die slagoffer se naam is nie bekend gemaak nie.

Shelley Beach, waar die voorval plaasgevind het, asook 'n aangrensende deel van die kuslyn, is gesluit terwyl daar na die haai gesoek is.

- Sapa