Toby Sheldon (33) het al sowat R960 000 op plastiese snykunde uitgegee om soos Justin Bieber te lyk.

T Hy het selfs ’n operasie ondergaan om soos die sanger te glimlag.

Hy het aan die tydskrif Closer gesê: “Dis Justin se glimlag wat hom ’n jeugdige voorkoms gee. Dit het langer as ’n maand geduur om van my glimlagoperasie te herstel. En ná my ooglidoperasie kon ek ’n week lank nie my oë oopmaak nie.”

Tog dink hy dis die moeite werd: “My vriende oorlaai my met komplimente. Hulle noem my selfs Toby Bieber.”