Die laaste keer dat Edward Hall kontak gehad het met sy broer, Steven John Hall (57), was toe hy hom op 1 Januarie ’n voorspoedige nuwe jaar toewens.

Maar sedert 3 Januarie is daar geen teken van Steven nie, vertel Edward.

[caption id="attachment_160527" align="alignnone" width="600"]Sedert 3 Januarie is daar geen teken van Steven John Wall nie. Sedert 3 Januarie is daar geen teken van Steven John Wall nie.[/caption]

Steven, wat op Heidelberg woon en werk, het spoorloos verdwyn. Edward weet nie meer wat om te doen om hom op te spoor nie.

“Baie inwoners, asook Steven se vriendin, het gesê hy moes oor die laagwaterbrug op die dorp ry wanneer hy op pad terug was na waar hy woon of na sy vriende nadat hy sy vriendin by haar huis afgelaai het. ’n Kitsvloed kon hom en sy voertuig van die brug tot in die Blesbokspruitrivier gestoot het. Daar was blykbaar daardie aand ’n wolkbreuk op Heidelberg. Kitsvloede het kwaai skade aangerig op die dorp. Inwoners het mekaar glo gehelp om voertuie terug te kry wat meegesleur is,” sê Edward.

[caption id="attachment_160536" align="alignnone" width="600"]Daar was blykbaar daardie aand ’n wolkbreuk wat ’n kitsvloed kon veroorsaak. Daar was blykbaar daardie aand ’n wolkbreuk wat ’n kitsvloed kon veroorsaak.[/caption]

Die Pretorianer en sy suster, Juanita Koekemoer van Port Elizabeth, het eers op 5 Januarie uitgevind Steven is soek toe hulle op ’n Facebook-plakkaat afkom wat sê hy word vermis.

Volgens Edward het die polisie, soek-en-reddingswerkers en lede van die Nasionale Seereddingsinstituut  dae lank na Steven en sy rooi Opel Corsa Lite gesoek. Die soek-en-reddingswerkers het intussen hul soektog gestaak en wag op nog leidrade.

[caption id="attachment_160531" align="alignnone" width="600"]Soek-en-reddingswerkers en lede van die Nasionale Seereddingsinstituut  het dae lank na Steven gesoek. Soek-en-reddingswerkers en lede van die Nasionale Seereddingsinstituut  het dae lank na Steven gesoek.[/caption]

“Hulle het die hele Heidelberg, die omliggende areas en lykshuise gefynkam. Die polisie het nog nie met enige nuwe leidrade vorendag gekom nie.”

Edward sê die polisie het vasgestel kort ná sesuur die aand van Steven se verdwyning was daar drie ontrekkings van sowat R1 000 uit sy bankrekening.

[caption id="attachment_160530" align="alignnone" width="600"]Die polisie het die hele Heidelberg, die omliggende areas en lykshuise gefynkam.  Die polisie het die hele Heidelberg, die omliggende areas en lykshuise gefynkam. [/caption]

Volgens Edward is daar baie gerugte oor sy broer se verdwyning; sy vriende vermoed ’n misdaad is gepleeg. “Maar dit is alles hoorsê. Ons het nog geen bewyse vir enigiets nie.”

Edward sê hy mis sy broer baie. “Ek het vrede gemaak met die ergste, maar bid steeds vir ’n wonderwerk, dat hy dalk nog na vore gaan kom.”

Die Corsa se registrasienommer is VZJ 609 GP.