Boomslang_-_Western_Cape

’n Man beweer hy is immuun teen slanggif.

Tim Friede vertel hy is honderd keer deur dodelike slange gepik. Onder die slange is ’n waterkobra en swart mamba, waarvan die gif iemand binne 20 minute kan doodmaak. Hy hoop hy kan nou slangteengif help ontwikkel om mense se lewe te red.

Die werklose fabriekswerker het foto’s van homself versprei waar hy deur slange gepik word om te bewys dit maak hom nie dood nie.

Hy sê: “Om jouself te laat pik plaas jou geestesgesteldheid onder baie hoë druk, maar dis noodsaaklik om dit te oorleef.”

Hoewel Tim nog nie aan slanggif gesterf het nie, het hy al anafilaksie daarvan gekry. Dis ’n dodelike toestand, wat belemmerde asemhaling en swelling behels.

- Bang Showbiz