’n Spyker van amper 8 cm het in ’n 27-jarige tuinier van Boston in die VSA se oog beland. Hy was met ’n randsnyer doenig toe ’n los spyker opskiet en hom in die oog tref.
Wonder bo wonder het die spyker nie die oogbal binnegedring nie en alle groot slagare gemis. Ná agt weke kon die man weer normaal sien.
Dokters glo as die spyker sy oog net ’n millimeter na enige ander kant toe getref het, sou dit blywende skade aangerig het.

Bronne: abc30.com, AP, Daily Mirror