“Die motief vir die voorval is onbekend en die presiese besonderhede en wat dit voorafgegaan het sal deel vorm van ’n polisieondersoek,” het kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder gesê.

Paramediese beamptes van Netcare 911 is Maandagoggend omstreeks 09:00 na die toneel ontbied waar hulle die slagoffer met veelvuldige skietwonde aan die gesig, bors, nek en arm aangetref het. Sy het op die vloer in die leefvertrek gelê.

Die gevorderde lewensondersteuningsparamediese beampte en haar span het op die toneel alles in die stryd gewerp om die vrou te stabiliseer. Sy is later op ’n ventilator geplaas, waarna sy na ’n spesialishospitaal geneem is vir behandeling.

’n Klag van poging tot moord is by die Paddock-polisiekantoor geopen. Die 32-jarige verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Dit is onseker wat die verhouding tussen die slagoffer en die verdagte is. Sy ken hom wel, het Gwala aan News24 bevestig.