’n 80-jarige man wil die oudste mens word wat al die berg Everest uitgeklim het.

Die Japannees Joetjiro Mioera, wat al vier hartoperasies ondergaan het, hoop om die berg vir ’n derde keer te klim, nadat hy dit in 2003 en 2008 reggekry het.

“Die rekord is nie vir my so belangrik nie, maar dit is belangrik om die piek te bereik,” sê hy.

“As jy dit regtig wil hê en jy het moed en uithouvermoë, dan kan jy die toppunt van jou drome bereik,” het hy bygevoeg.