Sandra Bullock het verklap vandat sy ma geword het, het sy nie tyd vir ’n man in haar lewe is.

Die aktrise het erken vandat sy klein Louis (nou 3) in 2010 aangeneem het, het sy skaars tyd vir tooi omdat moederskap al haar tyd in beslag neem.

Sy het vertel: “Dit sal seker verander, maar op die oomblik is Louis nog so klein en alles werk volgens so ’n streng program dat ek regtig net nie tyd het nie.

“Ek hardloop heeldag agter hom aan en glo my, wanneer dit agtuur word . . . jy wil nie op ’n afspraak gaan met iemand wat so verslons soos ek lyk nie! Jy gaan wil hê die slonskous moet gaan stort en slaap.

“Tog sal hierdie tyd verbygaan. En wie weet wat wag wanneer dit gebeur?”

Sandra (48), wat in 2010 ná vyf jaar van Jesse James (44) geskei is, hou ook vol sy het nie “Hollywood toe gegaan” noudat sy van Austin in Texas na Los Angeles getrek het nie. Boonop bly sy uit die kollig.

Sandra het aan die Britse tydskrif Hello! gesê: “Ek dink nie mense gaan Hollywood toe tensy hulle werk nie. Wanneer jy mense heeltyd by A-lys-partytjies en koel nagklubs sien, beteken dit gewoonlik hulle werk nie bedags nie.

“So ek is nie op pad na ’n partytjie toe as jy my in Hollywood raakloop nie; ek neem my kind skool toe of na ’n maatjie toe. Ek het wonderlike vriende in Los Angeles en ons is mal daaroor om te kuier en saam te kook – ons gaan nie uit om raakgesien te word nie.”