Op Sondag 6 Junie het die viertal byeengekom vir ’n baie spesiale dag: Bjorn Ulvaeus en Benny Andersson het 50 jaar gelede op 5 Junie 1976 ’n vennootskap aangegaan wat sou lei tot een van die suksesvolste musiekgroepe in die geskiedenis: Abba. Benny beskryf die twee manne se vriendskap as volg op sy Facebookblad: “Ons vriendskap is een van stille begrip en onwankelbare lojaliteit.” So is die groot geleentheid aangekondig.

A photo posted by wiwibloggs (@wiwibloggs) on

Die groep het in 2005 wel saam opgedaag by die première van die lokettreffer Mamma Mia!

ABBA_2008 by movie

Die onvergeetlike Meryl Streep en Amanda Seyfried het jou voete behoorlik laat jeuk om saam te dans in die fliek.

Meer onlangs was die vierstuks by die opening van ’n restaurant met ’n Abba-tema, maar hulle het nog net een keer saam in die openbaar gesing sedert hulle in 1983 uitmekaargespat het.

Dit was in 1986 toe hulle as ’n groep saamgesing het om hulde aan hul bestuurder, Stig Anderson, te bring tydens die Sweedse weergawe van This Is Your Life.

Tydens Sondag se galageleentheid het Agnetha Faltskog en Anni-Frid Lyngstad Me and I gesing.

Hier is ’n weergawe van die liedjie wat in 1981 op die Cavett Dick Show uitgesaai is.

Aan die einde van die liedjie het Benny en Bjorn ingespring en saamgesing.

Dit moes ’n ongelooflike ervaring gewees het om die unieke stemme van Abba ná 30 jaar weer saam te hoor sing.

Ses van Abba se gewildste liedjies vir lekker saamluister en – dans!

Mamma Mia

Dancing Queen

Waterloo

The winner Takes It All

Fernando

Money, Money, Money

Lees ook op Huisgenoot.com:

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool

Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord