Cailey Fiesel het ’n nuwe uitrusting vir $40 (sowat R580) by die klerewinkel Zara gekoop, maar ná ’n paar weke het sy ’n walglike klankie begin ruik, berig New York Post.

Sy het gevoel iets krap teen haar been en toe met skok en afgryse agtergekom dit is ’n muis se poot!

“Ek het die klein been by die soom sien uitsteek. Dit was regtig afgryslik,” het sy gesê.

Cailey het instussen die Italiaanse kleremaatskappy gedagvaar.

Haar prokureur voer aan hulle dagvaar die maatskappy vir emotionele skade en vir ’n veluitslag wat sy gekry het nadat sy die rok gedra het.

Hulle het nog nie besluit vir hoeveel hulle Zara gaan dagvaar nie.

Intussen het Zara se Amerikaanse tak gesê hulle is bewus van die voorval en dat hulle dit ondersoek.

Bronne: New York Times, BBC