Julius Malema is onskuldig bevind dat hy die spoedgrens oortree het, want die Staat het gefaal om hul saak te staaf.

Hy het in die Vanderbijlparkse landdroshof verskyn.

Malema het onder meer die kamera se akkuraatheid rondom spoedmeting bevraagteken.

Die EFF-leier, is op die N1 by die Barrage in die Vaaldriehoek op 19 Desember 2013 in hegtenis geneem toe hy glo in ’n houtskoolkleurige BMW 530d teen 215 km/h in ’n 120 km/h-sone gejaag het.