Volgens die uitslae van gister se verkiesing is die Vryheidsfront Plus (VF Plus) die leidende party op die dorp met 224 stemme (77 persent), terwyl die African National Congress (ANC) vyf nasionale stemme (1,7 persent) gekry het.

Die VF Plus verloor blykbaar stemme vergeleke met die vorige verkiesing, toe hulle 242 gekry het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) maak blykbaar vordering, want hulle het 44 nasionale stemme (15,2 persent) gekry, 26 meer as in 2009 se verskieing. Die ANC het twee stemme meer as in die vorige verkiesing op hulle verenig.

Twee kiesers het op die provinsiale stembriefie vir die EFF twee stemme gestem, 0,8 persent van die stemme wat reeds getel is. Die VF Plus het 206 stemme gekry (83,7 persent). Die ANC het een provinsiale stem gekry en die DA 29.

- Sapa