(Sars), het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.

“Oornag het mnr. Malema ’n voorwaardelike skikkingsooreenkoms (met Sars) bereik,” het Nic Marais, vir Sars, aan die hof gesê.

“Die partye het ooreengekom op ’n verlenging.”

Tumi Mokwena, vir Julius, het die ooreenkoms bevestig.

Julius se voorlopige sekwestrasie is uitgestel en die saak is tot 25 Augustus uitgestel.

’n Konsepbevel is aan regt. Cynthia Pretorius oorhandig, wat dit geteken het. Julius was nie in die hof nie.

Volgens hofdokumente skuld Julius R16 miljoen plus rente nadat hy tussen 2006 en 2010 nie belastingopgawes ingedien het nie.

In 2010 het Sars Julius gekontak oor sy uitstaande opgawes. Hy het eers 18 maande later, ná ’n lang gesukkel met Sars, sy uitstaande opgawes ingedien.

Hy het ook versuim om die Ratanang Trust vir belastingdoeleindes te registreer; Sars moes dit namens hom doen. Van sy eiendom is teruggeneem om die koste te help dek.

In Februarie het regt. Bill Prinsloo beslis dat Julius se boedel voorlopig gesekwestreer word.

Julius (en wie ook al ook nie wou hê die bevel moes uitgevoer word nie) het tot tienuur Maandagoggend kans gehad om die hooggeregshof in Pretoria met redes te verskaf waarom dit nie moet gebeur nie.

’n Finale sekwestrasie sal sy politieke loopbaan affekteer omdat hy dan nie as ’n lid van die parlement sal kan dien nie.

- Sapa