So is ’n wetlike vereiste nagekom wat dit moontlik maak om met vergoedingseise voort te gaan.

Die hoof van Maleisië se burgerlike lugvaartowerheid, Azharuddin Abdul Rahman, sê die soektog na die Malaysia Airlines-straler wat op 8 Maart 2014 verdwyn het, “bly ’n prioriteit”.

In ’n opgeneemde boodskap wat op Maleisiese TV uitgesaai is, sê hy “dit is met die swaarste hart en diepste smart dat ons Malaysia Airlines-vlug MH370 as ’n ongeluk verklaar.”

Hy sê al 239 passasiers en bemanning aan boord het waarskynlik gesterf.