’n Tussentydse ondersoek het verlede Sondag transkripsies gepubliseer van gesprekke tussen ’n lugdiensbeampte en ’n lugverkeerbeheerder van Kuala Lumpur.

Bykans vier uur nadat die Boeing 777 met 239 mense aan boord van die radar af verdwyn het terwyl dit op 8 Maart 2014 van Kuala Lumpur na Beijing onderweg was, het die beheerder gesê hy sal sy toesighouer moet wakker maak om besonderhede oor die vliegtuig se ligging te bevestig.

Die minister van vervoer, Liow Tiong Lai, het Donderdag gesê sy departement voer ’n interne ondersoek uit en stappe sal gedoen word as daar enige wangedrag was.

- Sapa