Hy het malaria opgedoen.

“Die tweede helfte van my vakansie het toe nie gebeur nie weens 'n malariamuskiet se planne om my te steek . . . Lê nou in die bed by die huis, voel darem al beter.

“Ek het reeds twee vertonings agter die blad vir die jaar by Nylstroom se Druiwefees en een in die Vaaldriehoek. “Ek gaan nou eers bietjie lê, lekker naweek almal! Bok.” Ons het vanoggend met Bok gepraat en is verheug om te sê dat dit nou baie beter met hom gaan.

'Ek het die virus gelukkig vroeg opgetel.'

“Ek het die virus gelukkig vroeg opgetel.

"Ek het die regte medisyne gedrink en was baie gelukkig om lig daarvan af te kom,” sê Bok, wat beplan om Vrydag terug te gaan Mosambiek toe en sy vakansie te gaan klaarmaak.

“Ek gaan al vir 18 jaar Mosambiek toe en dit is die eerste keer dat ek dit gekry het. Ek is altyd op my hoede. Maar voel nou baie beter.”

- Suzanne Venter