Kendall Jenner

Die langbeen-skoonheid (17) het die modewêreld met ’n slag getref. Lees hier hoekom ons dol is oor haar is

Sy het selfvertroue

Kendall laat haar nie onderkry deur die alewige kritiek dat sy te maer is nie. “Ek probeer gewig aansit, maar ek sukkel. Ek dink nie mense verstaan wanneer jy vir iemand sê hulle is te maer, is dit eintlik maar dieselfde as om iemand vet te noem nie. Dit laat jou sleg voel.”

Sy is hardwerkend

Kendall en haar suster Kylie het verlede jaar weens hul besige werkskedules die skoolbanke by hul privaat skool naby hul huis in Calabasas, Kalifornië, verruil vir tuisonderrig. “Dit het moeilik geword, want ons was heeldag by die skool, waar ons hope huiswerk kry. Dan gaan ons huis toe en probeer dit doen, maar kan nie omdat daar ’n kameraspan wag. Dit was ook moeilik om tyd te maak om te leer wanneer ons heeltyd weg van die huis was. Tuisonderrig is makliker.”

Sy laat nie toe dat haar ma (en bestuurder) haar lewe beheer nie

“Ek het nog altyd ’n sê gehad in wat ek doen,” sê Kendall oor haar ma, Kris Jenner, wat berug is vir haar opdringerige gedrag en al ses haar kinders se loopbane met ’n ysterhand bestuur. “My ma kom altyd na my toe en vra of ek iets wil doen wat sy dink is fantasties. Sy sal iets sê soos: ‘O my genade, jy moet dit net doen!’ Dan sal ek sê: Nee dankie!”

Sy wil haar eie identiteit hê  

“Ek doen my bes met my modelwerk. Ek gee nie werklik om wat ander mense sê nie, soos dat ek die kollig by my susters wil steel. Ek doen net my eie ding.”

Sy wil ook wegbreek van Kylie, met wie sy saamgewerk het aan boekkontrakte en hul PacSun-klerereeks. “Ons wil wegbreek van die ‘kinderlike en susterlike’ fotosessies sodat ons as twee verskillende mense gesien kan word.”

Sy help ander

“Ek het vrywilligerswerk by Meals on Wheels gedoen, waar jy gesonde etes aflewer by mense wat nie kan uitgaan nie. Dis lekker om hulle te kan help.”

Sy waardeer wat sy het, maar . . .  

“Ons kan nie onthou hoe dit voel om normale kinders te wees wat nie deur die paparazzi lastig geval word nie; ek haat dit,” sê sy. “Dit kan ook moeilik wees om kinders te hanteer wat jaloers of lelik is. Ek kan nie ’n foto op Instagram plaas sonder dat dit gekritiseer word nie.”

Pretfeite

  • Kendall was net 11 en het pas teruggekeer van ’n somerkamp saam met Kylie toe hul ma aankondig die gesin gaan in hul eie werklikheidstelevisiereeks, Keeping Up With the Kardashians, speel.
  • Haar halfsusters Kourtney, Kim en Khloé Kardashian is haar styl-ikone.
  • As sy ’n dag lank met een van haar susters lank kon plekke ruil, sou dit Kim wees. “Die enigste tyd dat sy slaap, is op ’n vliegtuig. Dis dol! Ek voel jammer vir haar, maar ek wil steeds weet hoe dit voel.”
  • Sy oorweeg dit om haar hare te knip. “Miley Cyrus het ’n groot kans met haar haarstyl gewaag, maar ek is mal oor hoe dit uitgedraai het.”
  • Sy wil nie haar van na Kardashian verander nie. “Ons is volbloed Jenners! (Hul pa is die voormalige Olimpiese atleet Bruce Jenner.) Ons het geen begeerte om Kardashians te wees nie.”

Kylie Jenner

Sy is pragtig, spontaan en het hope houding . . . dis mos onmoontlik om nie van die jongste lid (15) van die Kardashian-Jenner-gesin te hou nie.

Sy is hope pret

“Almal sê ek is baie soos Khloé en Rob (haar halfsuster en halfbroer). Ek hou daarvan om pret te hê. Ek is laf en ek hou die atmosfeer lig.”

Sy is 100 persent opreg

“Wanneer die kamers in die omtrek is, doen ons maar net wat ons gewoonlik doen. Ons is gewoond daaraan en ken die kameramanne omdat ons hulle elke dag sien; daarom is dit asof ons net uithang. Dis gemaklik en selfs wanneer hulle nie daar is nie, is dit dieselfde storie.”

Sy kan kansvatters op ’n myl sien kom

Kylie weet baie mense wil net oor hul roem met hulle vriende wees. Dis hoekom sy meng met mense wat sy geken het nog voor sy bekend geraak het. “Enigeen met wie ek uitgegaan het of vriende is, is mense wat ek al van laerskool af ken.”

Sy is al romanties verbind met twee van die koelste tieners op die planeet – die Australiese sanger Cody Simpson en die akteur Jaden Smith, Will Smith se seun

Sy het nooit gesê of hulle ’n paartjie was nie, maar Kylie (en sus Kendall) het goeie vriende geraak met Cody (16) en sy suster, Alli (15), nadat hulle ’n jaar gelede by ’n première ontmoet het. Sy en Jaden (15) word gereeld saam gesien en is glo nou ’n paartjie.

Sy laat nie op haar trap nie

“Ek dink nie hulle is ware vriende as hulle jou in die steek laat nie. Hulle is nie goed genoeg om jou pel te wees nie. Dit beteken jy moet uitvind wie jou ware vriende is of nuwes maak.” Ons stem saam, Kylie!

Pretfeite

  • Sy stel belang in toneelspel en wil universiteit toe gaan.
  • Haar ouboet Rob (26) bel haar minstens drie keer per dag om te hoor of sy oukei is en sus Khloé se man, die NBA-basketbalspeler Lamar Odom (33), wil elke ou ontmoet met wie sy en Kendall uithang of gesels.
  • Sy is versot op leerbroeke.
  • Die simpelste ding wat sy al oor haarself gelees het, is dat sy net behep is met roem.
  • Die Twilight-hartebreker Robert Pattinson (27) haar hart vinniger klop.
  • Sy is mal oor die fliek Mean Girls, wat in 2004 uitgereik is.

BRONNE: SEVENTEEN.COM, GLAMOUR.COM, DAILYMAIL.CO.UK, USMAGAZINE.COM, HARPER’S BAZAAR, THESTIR.CAFEMOM.COM, HOLLYWOODLIFE.COM, DOLLY.NINEMSN.COM.AU