Sy beroepsleweis vlekloos. Maar sy persoonlike lewe is een groot gemors.

Mel Gibson, die legendariese held van flieks soos Mad Max, Lethal Weapon en Braveheart, en deesdae ook een van Hollywood se gerekende regisseurs, huiwer deesdae op die rand van ’n baie diep gat wat hy vir homself gegrawe het. En binne-in, glo maar, dryf nie roosblare nie.

Hy was die afgelope paar jaar kort-kort om al die verkeerde redes in die nuus. Daar was sy stryd teen die drankduiwel en teen bipolêre gemoedsteurnis wat hom selfmoord laat oorweeg het, die anti-gay gedrag, die anti-Joodse opmerkings en sy dronkbestuurdery.

Hy het self al erken dwelms, alkohol en vroue het hom “na die toppunt van spirituele ban-krotskap gevoer’’.

En nou is dit weer sulke tyd. Die nuus dat die 54-jarige akteur sy nuwe vriendin gelos het net vyf maande ná die geboorte van hul kind, Lucia, laat mense opnuut wonder wat dan van Mel die rolmodel van die goeie ou dae geword het.

Hy en die Russiese pianis Oksana Grigorieva (39), met wie hy meer as ’n jaar lank in ’n verhouding was, het glo ‘‘uitmekaargedryf’’ kort nadat sy die lewe aan hul dogtertjie geskenk het.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 29 April 2010.