large_quick_meals_6

Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10-15 min.

Kooktyd: 5 min.

Jou benodighede:

8-10 snye brood

100 g cheddarkaas, gerasper

100 g mozzarellakaas, gerasper

50 g blou- of gruyèrekaas, gerasper

1 eier, geklits

1 klein ui, gekap

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

100 g spinasie, gekap

2 blikkies (175 g elk) tuna, gedreineer

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat met olie. Pak die brood op doe bakplaat. Meng die kaas, eiers, ui, mosterd, spinasie en tuna in ’n bak en lepel op die brood. Bak sowat 10 min. of tot die bolaag goudbruin en gesmelt is.

NOG KEUSES

Meng 250 ml (1 k) gerasperde kaas en 100-150 ml tamatiesous. Sny gaar vleis en pak op snye brood. Pak skyfies salami en die kaasmengsel bo-op. Bak 10-15 min. teen 180 °C. Vlok gerookte snoek en roer gewone jogurt en gekapte agurkies by. Sit voor op snye brood.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.