Hartlike gekookte kos hoef nie baie moeite te wees nie. Kyk net na hierdie heerlike resep vir ’n potpastei.

Pie

Dis wat jy gaan nodig kry:

1 vel gekoopte, klaargerolde deeg

500 ml (2 k) gaar hoender

1 middelslag wit ui

½ rooi soetrissie, in blokkies gesny

½ groen soetrissie, in blokkies gesny

3 takkies tiemie

15 ml (1 e) fyn knoffel

25 ml olie vir panbraai

½ pakkie wit sampioene, in skywe gesny

1 houertjie Robertson’s hoenderaftreksel

500 ml (2 k) vars room

1 eier

sout en peper na smaak

4 klein, ronde bakkies

Bespuit die bakkies met kossproei. Versnipper die hoender, sit in die bakkies en hou eenkant. Verhit die olie in ’n pan en braai die rissies, ui, tiemie en knoffel tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot sag. Voeg die room by en roer die hoenderaftreksel by. Kook tot die room verdik. Geur met die sout en peper. Laat ’n bietjie verkoel en verwyder die tiemietakkies. Roer die roommengsel by die hoender in die bakkies in sny vier stukke uit die deeg en plaas oor die bakkies. Smeer eier bo-op. Bak 20 min. teen 180 °C of tot die deeg bros en bruin is.

Resep deurYour Little Blog

- Geskryf deur Full of Taste

- Foto’s deurGünther Schubert and Vörsprung Studio

Vir hierdie resep en nog smullekker kos-idees, besoek Checkers.