Julle is seker hier om Bokka te ontmoet,” groet Ben Olivier en wys in die rigting van die grasperk voor sy opstal in die Stormsvlei-distrik in die Wes-Kaap.

Hiervandaan sien jy net twee lang, swart horings bo die draad uitsteek.

Eers wanneer jy nader stap, sien jy die troppie skaaphonde om ’n 18 maande ou gemsbokbulletjie rondhol.

Dié lê luilekker in die son sy brakvriende en dophou.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.