Magic Mike is terug. En hierdie keer is hy ekstra-ekstra-groot.

Die lokprent vir die opvolg op die treffer van 2012 is uitgereik en Channing Tatum en sy mooi maagspiere lyk sexyer as ooit.

Die voorsmakie van die fliek volg op die parmantige plakkaat wat Tatum gister geplaas het.

In die opvolg reis die ontkleedansers Tatum, Matt Bomer en Joe Manganiello per pad van Tampa na Myrtle Beach vir ontklee-konferensie drie jaar nadat Tatum se karakter, Mike, die ontkleebedryf vaarwel geroep het en eindelik ernstig geraak het met Brooke (Cody Horn).

Maar nou moet hy hom weer daarin begewe vir ’n handvol optredes.