Angelique het Sondag foto’s van haar en Jacques op Facebook gedeel waarin sy hom met dié mylpaal-verjaardag gelukwens.

[caption id="attachment_123979" align="alignnone" width="605"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Die gelukkigste van verjaardae vir die ongelooflike man van my! Mag al jou drome waar word,” skryf sy.

Die paartjie, wat in Junie op ’n Kaapse wynplaas afhaak, glimlag van oor tot oor waar hulle met ’n groot spogkoek in die vorm van ’n rugbybal pryk.

Deel van die koek is ’n figuur van Jacques – met bokbaardjie en al – wat op ’n druppel soos die ware Jakob lyk.

Angelique bedank haar ma, Linette Stemmett, vir die tema-partytjie.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Sy’s die koningin van selfdoen-video’s, maar wat gebeur as SuzelleDIY iemand se hart probeer wen?

Kyk waar bevind die mooie Armand Aucamp hom op sy wêreldreis!

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding

Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap