John het die proefneming aangepak met behulp van leerders in sy wetenskapklas en ná drie maande 16 kg verloor. Sy cholesterol was boonop laer.

Maar moenie dink jy sal dit regkry as jy soveel wegneemetes eet as wat jy wil nie. John het hom beperk tot sowat 8 300 kilojoules per dag en ook probeer hou by riglyne oor hoeveel proteïen, koolhidrate en vette ’n mens elke dag behoort te eet. Sy leerders het met behulp van die voedingswaarde-inligting op McDonald’s se webbladsy vir hom eetplanne uitgewerk.

“Ek kan enige kos by McDonalds eet wat ek wil, solank ek slim is vir die res van die dag oor waarmee ek dit uitbalanseer,”  het hy aan KCCI News gesê. Hy wys mense ook gou daarop hy het nie net die gesonder opsies soos slaai geëet nie:  “Ek het die Big Macs, die ‘quarterpounder’-burgers met kaas by en roomys geëet.”

John het ook ’n belangrike lewensverandering gemaak deur elke dag ’n driekwartier te stap.

“Die punt van (die eksperiment) is dit gaan oor keuse. Ons kan almal kies, en dis ons keuses wat ons vet maak, nie McDonalds nie,”  het John gesê.

Kyk hier na die KCCI Nuus-video:

Bronne: Huffingtonpost.co.uk, ibtimes.com, mirror.co.uk, youtube.com