Madonna is met die dood gedreig omdat sy Pussy Riot verdedig het.

Die sangeres van die treffer Hung Up het Woensdagaand in New York ’n hartstogtelike toespraak gehou by die Amnesty International-konsert in die Barclays Center. Sy het haar ’n “vryheidsvegter” genoem terwyl sy die Russiese groep voor hul toespraak aan die gehoor voorgestel het. Pussy Riot is gevange geneem nadat hulle ’n protesliedjie in ’n Moskouse katedraal gesing het.

Madonna het gesê: “Die reg van vryheid, van sê wat jy dink, van ’n meing hê, van liefhê wie ons wil, van wees wie ons is – moet ons daarvoor veg?

“Ek het my nog altyd beskou as ’n vryheidsvegter sedert ek in die vroeë dae in die 80’s besef het ek het ’n stem en kon oor meer sing as ’n materiële meisie wees of soos ’n maagd voel. En ek het beslis betaal daarvoor en is gestraf omdat ek my mening gelug het en my blootgestel het aan sulke diskriminasie. Maar dis goed.”

Madonna het ook onthul sy is in 2012 gedreig met inhegtenisneming oor haar optredes in Rusland omdat sy “gay optrede” bevorder het.

Sy het bygevoeg: “Nodeloos om te sê, ek het nie een oomblik van my vertoning verander nie. Sowat 87 van my aanhangers is in hegtenis geneem vir gay gedrag; wat dit ook al is.”

Die 55-jarige sangeres, die ma van Lourdes (17), Rocco (13) en die tweeling David en Mercy (8), het  ook oor die groep se naam geskerts.

Sy het gesê: “Ek wil Pussy Riot bedank omdat hulle dit aanvaarbaar gemaak het om die woord ‘pussy’ in my huishouding te sê. My agtjarige sê dit nou die hele tyd.”

Madonna en Pussy Riot het nie op die konsert opgetree nie, maar sterre soos Cold War Kids, Lauryn Hill en Blondie het van hul treffers gesing.