Lady Gaga sê sy gee nie ’n bloue duit om wat Madonna van haar dink nie.

Die Applause-sangeres het nog nooit weggesteek sy het nie ooghare vir Madonna nie, en dink Madonna is eintlik vies dat hul vete haar min skeel.

Gevra of hul vete, wat gespruit uit haar enkelsnit Born This Way van 2011 se ooreenkomste met Madonna se Express Yourself, deur jaloesie aangevuur word, het Gaga gister aan Howard Stern op sy program SiriusXM geantwoord: “’n Mens kan dit op soveel maniere interpreteer. Ek dink eerlikwaar sy is eintlik suur dit ontstel my nie dat sy nie van my hou nie, want ek gee nie om wat sy van my dink nie. Nee, dit traak my nie.”

Sy het later bygevoeg: “Dis laf. Daar’s altyd ’n kompetisie: ‘Het sy haar fakkel oorgeneem?’ (en:) ‘Is sy die nuwe sy?’ ‘Gaan sy haar oortref?’ . . . Party mense dink ek is ’n bedreiging vir die troon.”

Die Bad Romance-sangeres (27), wat onlangs haar lang vete met die Fashion Police-medeaanbieder Kelly Osbourne beëindig het, hou ook vol haar onderonsies met ander bekendes gaan nie eintlik oor haar nie.

Sy het gesê: “Al die rusies . . . (gaan gewoonlik oor) iemand wat met hulself baklei oor my.”