Madonna het ’n stoute droom oor Brad Pitt gehad.

Madonna (55) het verklap sy het ’n bisarre droom gehad waarin sy en Brad ’n blonde baba het.

Gevra waaroor sy laas gelag het, het sy aan haar bewonderaars op Reddit.com gesê: “Die feit dat ek ’n droom oor Brad Pitt gehad het.”

Die sangeres van Ray of Light kon blykbaar nie die aantreklike pa van ses uit haar kop kry nie. Later het sy weer na hom verwys: “Brad Pitt en ek het saamgewoon en daar was ’n blonde kind in die bed. Jammer Angelina, dit was net ’n droom.”