zeldaleg

Ek was toe 24 jaar oud, en al wat ek van mnr. Mandela geweet het, was dat hy baie lank in die tronk was. Ek het hom as ’n terroris beskou omdat dit is wat ek geleer is toe ek baie jonger was. Sowat twee weke nadat ek daar begin werk het, het ek in hom vasgeloop toe hy op pad uit was. Hy het in Afrikaans met my begin praat en my dadelik op my gemak laat voel.

Wat hoogtepunte betref, is dit nie noodwendig oomblikke soos om ’n bepaalde president te ontmoet wat uitstaan nie; dis eerder die kleiner dingetjies. Byvoorbeeld hoe Madiba ’n arm man sou opmerk wat hy jare te­vore geken het. Hy sou ons vra om iets vir die man te doen en ons het dan skenkings ge­reël. Om te sien hoe dit die man se lewe verryk, om te weet dis binne jou mag om iets vir iemand te kan doen, dis die soort ding wat die werk die moeite werd maak.

As ek kon, sou ek graag die geleentheid wat ek gehad het om saam met Madiba te werk met soveel mense moontlik wou deel sodat hul lewe op dieselfde manier as myne geraak kan word..

- ZELDA LA GRANGE - NELSON MANDELA SE UITVOERENDE PERSOONLIKE ASSISTENT

’n Uittreksel uit The Authorised Portrait © 2012 Nelson R. Mandela (Wild Dog Press in samewerking met PQ Blackwell, R480 by kalahari.com).