robonrenwick

“Hoe hanteer ek mev. T?” het hy my gevra. Toe repeteer ons. “Jy moet al die nonsens oor die banke en markte onmiddellik staak. Dis ’n hopelose saak!” het ek mev. Thatcher nageboots. Hy het gedink dis baie snaaks.

Net voor hy ingestap het, het sy (Thatcher) my aan die elmboog gegryp en gesê: “Is hy soos Robert Mugabe?” en ek het geantwoord: “Ek kan jou verseker: Daar is nie twee mense op aarde wat meer verskil as hulle nie.”

Hulle het ná so ’n uur baie goed oor die weg gekom omdat sy sjarme altyd mense oorrompel, veral vroue. Sy het haar “stop onmiddellik die nonsens met die banke en markte” ingekry en hom vinnig oor middagete oor die ekonomie geleer. Op die ou end het hulle sowat drie uur vergader.

- ROBIN RENWICK - BRITSE AMBASSADEUR IN SA 1987-’91

’n Uittreksel uit The Authorised Portrait © 2012 Nelson R. Mandela (Wild Dog Press in samewerking met PQ Blackwell, R480 by kalahari.com).