billclinton

. Dit was moeilik. Ek het ’n agt jaar lange aanslag beleef, en toe hulle my probeer uitskop, was Mandela se raad van groot hulp.

Ek onthou ek het hom eendag gevra om weer te vertel van die oomblik toe hy besef het hy het sy woede en haat laat vaar. “Wel, ek het hulle 14 jaar lank gehaat,” het hy gesê, “en ek kan nie met sekerheid sê dat daardie haat my nie toe ek jonk en sterk was aan die lewe gehou het nie. Maar ek was eendag besig om klippe te breek toe ek besef hulle het soveel van my weggeneem. Hulle het my fisiek en emosioneel mishandel; hulle het my vrou en kinders van my weggeneem; ek kon nie my kinders sien grootword nie en dit het eindelik my huwelik gekos. Hulle het alles van my gevat, behalwe my verstand en my hart. En ek het besef ek sal dit ook vir hulle moet gee – en toe besluit ek om dit nie weg te gee nie.”

Hy het na my gekyk, geglimlag en gesê: “Jy moet dit ook nie doen nie.”

Hy het geweet hoe kwaad ek was oor wat hulle (die Republikeine) gedoen het. Kort voor die Amerikaanse kongres moes stem oor opgetrede teen my (oor die Monica Lewinsky-skandaal), het ek Thabo Mbeki ontmoet. Hy het gesê: “Mnr. Mandela het ’n boodskap vir jou. Hy sê ek moet jou daaraan herinner om ‘dit nie weg te gee nie’.” Dit was ongelooflik. En ek het gesê: Doodreg!

- BILL CLINTON - VOORMALIGE PRESIDENT VAN AMERIKA

’n Uittreksel uit The Authorised Portrait © 2012 Nelson R. Mandela (Wild Dog Press in samewerking met PQ Blackwell, R480 by kalahari.com).