albiesachs

Toe ek in die 50’s ’n student aan die Universiteit van Kaapstad was, het ek altyd Johannesburg toe gegaan en die kantore van Mandela & Tambo besoek. Hoewel Mandela en Tambo soms baie besig was, het een van hulle altyd gevra: ‘Hoe gaan dit met die struggle in Kaapstad?’ Dan moes ek dit in 45 sekondes beskryf. Daar was ’n element van grasie, hoflikheid en aanvaarding van dié ongelooflik besige beroepsmense. Ek het welkom gevoel, al was ek net ’n student.

Ek het Mandela daarna – dit moes rondom 1961 of ’62 gewees het – ontmoet toe hy diep ondergronds was. Dit was uiters gevaarlik. Wanneer ons almal gespanne en angstig was en gedurig oor ons skouers gekyk en by vensters en deure uitgeloer het, het dié kalm, rustige, statige mens met daardie groot Mandela-glimlag ingestap. Dit was nie iets wat net met die presidentskap sy kop uitgesteek het nie; dit was deel van sy geaardheid. Daarmee saam ook sy vaste oortuigings, die omarming van ander en sy warmte en krag.

- ALBIE SACHS - AKTIVIS/VOORMALIGE REGTER IN DIE KONSTITUSIONELE HOF

’n Uittreksel uit The Authorised Portrait © 2012 Nelson R. Mandela (Wild Dog Press in samewerking met PQ Blackwell, R480 by kalahari.com).