georgebiz

’n Mengsel van tradi­sionele animisme, Christenskap en die monoteïstiese godsdienste laat hom glo daar is lewe ná die dood. Hy skerts altyd dat hy na die naaste ANC-tak in die hemel gaan. Ek het eenkeer vir hom aangehaal wat Sokrates vir Crito gesê het toe Sokrates op sterwe was: “Crito, ek vrees nie die dood nie. Daar is dalk lewe ná die dood, maar dit sal nie so ’n slegte ding wees nie.”

Mandela het gesê: “Kom ons sê so iets bestaan nie. Het jy al ooit ’n nagrus gehad waar niks jou gepla het nie, nie drome of vrese nie? Het jy nie dan heelwat gelukkiger gevoel nie? Kan jy jou indink dat, as daardie ewige slaap bestaan, dit ook oukei sal wees? So hoekom bang wees?”

- GEORGE BIZOS - MENSEREGTE-ADVOKAAT/LID VAN DIE VERDEDIGINGSPAN TYDENS DIE RIVIONIA-HOFSAAK

’n Uittreksel uit The Authorised Portrait © 2012 Nelson R. Mandela (Wild Dog Press in samewerking met PQ Blackwell, R480 by kalahari.com).