desmondtutu

Ná hul openbare debat op TV het hy opgestaan en hoflik met oudpres. FW de Klerk bladgeskud. Dit was ’n baie klein gebaar, maar gelaai met betekenis omdat so baie mense ál kwater geword het vir die voormalige apartheidsregering. Mandela het dit baie duidelik gemaak dat jy nie oorwinning behaal sodat jy ander kan verneder nie; oorwinning beteken nie jy moet diegene wat verloor het, vertrap nie.

Toe die Waarheids-en-Versoeningskommissie oudpres. PW Botha byvoorbeeld dagvaar, dink ek het hy deels gevoel dis’n vernedering om op ons bevel soontoe te kom.

Madiba het hom laat weet as hy voel hulle is op die een of ander manier daarop uit om hom in die verleentheid te stel of te verneder, sal hy, as president, bereid wees om ’n sessie by te woon en langs hom te sit.

- EMERITUS-AARTSBISKOP DESMOND TUTU - GEESTELIKE LEIER/AKTIVIS

’n Uittreksel uit The Authorised Portrait © 2012 Nelson R. Mandela (Wild Dog Press in samewerking met PQ Blackwell, R480 by kalahari.com).