DIT is yskoud toe David Motsamayi by die kombuisdeur uitstap. Hy moet vinnig en saggies werk, maar hy weet dit gaan nie maklik wees om in die ysige grond te grawe nie.

Met ’n graaf in die een hand en ’n swaar pakkie in die ander gee die plaaswerker 20 groot treë. Dan kyk hy vinnig dat hy nie dopgehou word nie voor hy die graaf in die grond indruk.

Dit is moeisame werk, maar dit moet gedoen word.

Hy vind gou sy ritme. Sy militêre opleiding het hom sterk en fiks gemaak, maar teen die tyd dat hy borshoogte in die gat staan, is sy blou oorpak deurweek van die sweet en slaan die stoom van sy skouers af in die koue, donker nag op.

Verlig dat die aanhoudende metaalgeluid van sy graaf teen die ruwe aarde nie ongevraagde aandag gelok het nie, vestig hy nou sy aandag op die pakkie wat in ’n kakiekleurige weermag-uniform toegedraai is.

David het sy militêre werkdrag gebruik om die Makarov-semi-outomatiese pistool, 200 koeëls en geheime Umkhonto we Sizwe-dokumente in toe te draai.

Dit is ’n swaar pakkie en hy moet dit versigtig in die grond laat afsak om te verhoed dat van die ammunisie nie per ongeluk afgaan nie.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 5 Mei 2011