Die inhoud van Mandela se testament is Maandagmiddag by die Nelson Mandela-sentrum van herinnering in Houghton in Johannesburg bekend gemaak.

Beeld berig dat adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke, een van die eksekuteurs van die testament, het gesê Machel en Mandela was binne gemeenskap van goedere getroud.

"Die testament bevind spesifieke items wat aan Graça Machel bemaak is. Sy het 90 dae ná pres. Mandela se dood tyd om te besluit of sy die items eerder as die helfte van sy boedel wil hê."

Volgens hom is al Mandela se bates nog nie gevind en geëvalueer nie. Die voorlopige waarde van sy boedel is omtrent R46 miljoen.

Dit sluit nie bates in die verskeie Mandela-trusts in nie.

Die testament bevat ook bemakings vir al die lewende kinders, kleinkinders en agterkleinders uit Mandela se eerste twee huwelike.

Volgens Beeld het Mandela R50 000 elk aan verskeie van sy voormalige werknemers, waaronder sy persoonlike assistent, Zelda le Grange, bemaak.

Skole en stigtings waar Mandela oor die jare studeer het, het ook elk R100 000 gekry. Dié geld moet vir beurse vir leerlinge en studente gebruik word.

Bronne: Beeld, Sapa