Oudpres. Nelson Mandela se begrafnis word Sondag 15 Desember gehou. Pres. Zuma het dit vroeër vandag bekendgemaak. “Die amptelike gedenkdiens sal op 10 Desember in die FNB-stadion in Johannesburg gehou word,” het hy aan verslaggewers in die Goudstad gesê.

Zuma het ook gesê daar sal ’n nasionale routydperk van 10 dae wees. Tussen 11 en 13 Desember sal Mandela se oorskot in staatsie lê in die Uniegebou in Pretoria.

“Ons behoort almal saam te werk om die mees gepaste begrafnis te reël vir hierdie wonderlike seun van ons land en die vader van ons jong nasie,” het Zuma gesê. - Sapa