[caption id="attachment_61457" align="alignnone" width="600"]Foto: Werner Beukes/SAPA Foto: Werner Beukes/SAPA[/caption]

Wyle oudpres. Nelson Mandela se oorskot is van sy huis in Houghton, waar hy Donderdagaand dood is, na 1 Militere Hospitaal in Pretoria geneem waar dit omstreeks 04:00 aangekom het.

Kort nĂ¡ die aankondiging van sy dood het mense in hul slaapklere, met Suid-Afrikaanse vlae, kerse en ruikers buite die Houghton-huis begin opdaag.

Dwarsdeur die nag het 'n feestelike atmosfeer geheers waar die Volkslied, struggle-liedere en Shosholoza gesing is. 'n Grootskerm is opgeslaan waarop besoekers grepe uit Madiba se toesprake kon sien.

Bron: Nuusflitse