Koerantvoorblaaie bring hulde aan Madiba

[post-slider]

  • Die New York Times se opskrif het gelui: “Vreedsame bevryder van ’n verdeelde Suid-Afrika”.
  • Die verslaggewer Bill Killer skryf: Madiba se strewe na vryheid van Suid-Afrika se apartheidstelsel het hom van ’n stamkoninklike tot die ondergrondse bevrydingsbeweging, die tronk en die presidentskap gelei.
  • CNN se webtuiste berig: “Nelson Mandela sterf” saam met ’n foto van hom en talle stories oor sy lewe.
  • Sky News het hul webtuiste se tuisblad aan Madiba gewy. “Wêreld rou oor merkwaardige Nelson Mandela” en het ook ’n videotydlyn gehad met video’s uit verskillende fases van sy lewe.
  • Die Times of India se dekking op hul webtuiste was ’n klein foto en kort artikel. Die China Daily het ook nie baie ruimte aan die Nobelvredespryswenner afgestaan nie. Hulle het ’n paar kort stories op hul webtuiste sonder ’n foto geplaas.
  • Die BBC se hoofopskrif het gelui: “Nelson Mandela sterf 1918 – 2013’ saam met foto’s en stories oor sy lewe.
  • “’n Nasie se geneser is dood,” het die Washington Post met ’n swart-en-wit foto van Madiba in die tronksel op Robbeneiland waar hy ’n groot deel van sy 27 jaar tronkstraf uitgedien het.
  • The Australian het ’n groot foto van Madiba saam met die wyle sanger Michael Jackson op hul webtuiste geplaas. Die foto is in 1996 geneem.
  • Die Huffington Post het verskeie foto’s van Mandela geplaas met die opskrif: “Mandela, anti-apartheidsikoon, die wêreld rou.”
  • Verskeie webtuistes het video’s en berigte oor sy dood geplaas. Pres. Jacob Zuma het laat Donderdagaand aangekondig Madiba het tuis in Houghton, Johannesburg, gesterf, omring deur sy familie. Hy was 95.