Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering, sê oudpres. Nelson Mandela maak goeie vordering, berig Nuus24.

Sisulu het die bejaarde oudpresident die naweek in die hospitaal besoek. Madiba is drie weke gelede met 'n herhalende longinfeksie in die hospitaal opgeneem.

“Ons is tevrede met die vordering...” het hy gesê.

Sisulu is die seun van die ontslape struggle-veteraan Walter Sisulu.

“Ons is baie lief vir hom en wil hom nie laat gaan nie.”

Intussen het die voormalige staatshoof se vrou, Graça Machel, gesê sy het krag geput uit die steun van pres. Barack Obama en sy familie.

Machel sê sy het waardering vir die feit dat die familie die tyd afgeknyp en haar geskakel het om hulle steun oor te dra.

- Nuus24

Besoek ook:

- Foto's van Nelson Mandela se lewe