Oudpres. Nelson Mandela is steeds in ’n stabiele maar kritieke toestand in die hospitaal, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê.

Hy het in Maleisië gepraat nadat hy namens Madiba ’n wêreldvredesprys van die Mahathir-stigting vir wêreldwye vrede ontvang het.

“Die prys kom op ’n geskikte oomblik,” het Zuma gesê. “Oudpres. Mandela word steeds in die hospitaal behandel en bly in ’n kritieke maar stabiele toestand.”

Mandela is op 8 Junie vanjaar in die hospitaal opgeneem. Hy word vir ’n longinfeksie in die Mediclinic-harthospitaal in Pretoria behandel.

– Sapa

sapalogo