Die fliek is Sondag in Suid-Afrika bekendgestel en die vervaardiger, Anant Singh, het pas aangekondig dat ’n spesiale vertoning Donderdag vir die president gehou sal word.

Anant is saam met kinders van Madiba vir die geleentheid genooi.

“Dis ’n besonderse eer om die vertoning by te woon, veral omdat dit die eerste keer is dat ’n Suid-Afrikaanse film daar vertoon sal word,” sê Anant in ’n verklaring. “Dis is baie relevant omdat Madiba en pres. Obama as staatshoofde albei verantwoordelik was vir groot veranderings in hul land.”

Die akteurs Idris Elba en Naomie Harris wat hoofrolle in die film vertolk, asook Madiba se dogters Zindzi en Zenani, sal die vertoning bywoon.

The Weinsten Company versprei die fliek in Amerika. Hulle het al sukses met films soos Django, Silver Linings Playbook en The King’s Speech behaal.