Ons het geweet hy sal ‘n plan beraam om terug te kom op ons TV-skerms.

In ware MacGyver-styl het die aksieheld, wat met sy wetenskaplike kennis en kreatiewe talente uit enige dodelike situasie kan ontsnap, sy terugkeer na SABC 3 gemaak.

Heruitsendings van hierdie gewilde reeks uit die 1980’s sal vanaf 22 Februarie omstreeks 12:10 uitgesaai word.

MacGyver was een van ABC se mees gewilde TV-reekse en is tot vandag steeds ‘n treffer regoor die wêreld.

Volg Huisgenoot op Twitter.