Macaulay Culkin was al weer die onderwerp van ’n vals nuusberig, maar hierdie keer het die voormalige kinderster die laaste lag gekry toe hy ’n snaakse foto op Instagram deel. ’n Vals Facebook-blad ter sy nagedagtenis is op 6 November gestig, wat sê die Home Alone-ster is dood. Die blad is intussen verwyder, maar nie voor ’n paar mense geglo het Macaulay is dood nie. Baie mense het op sosiale media hul skok oor sy “dood” uitgespreek. Sy verteenwoordigers het die gerug stopgesit, maar die Richie Rich-ster het ook die gerug op Instagram op ’n snaakser manier ontken. Die 34-jarige het twee foto’s opgelaai waarin hy melding maak van die fliek Weekend at Bernie’s.

Performing last night at the Belmont, Bernie style @funfunfunfest #imalive

A photo posted by The Pizza Underground (@cheesedayz) on

Weekend at bernies with @anchovywarhol #greenroom

A photo posted by The Pizza Underground (@cheesedayz) on

In die trefferfliek van 1989 kom twee kollegas agter hul baas is dood, en omdat hulle vrees hulle word by sy dood betrek, gee hulle voor hy lewe nog.

Macaulay het ook nog foto’s op Instagram gedeel om te bewys hy lewe nog.

- Petro-Anne Vlok

Bronne: smh.com.au, jezebel.com, imdb.com, wikipedia.com