Die kapingsdrama wat Vrydag in Durban afgespeel het, waartydens ’n maand oue babadogtertjie verdwyn het, het die land aangegryp.

Vroeg Sondagoggend het die wonderlike nuus bekend geword – die baba is ongedeerd gevind!

Luidens berigte is Siwaphiwe Mbambo in die vroeë oggendure by die Marianhill-tolhek gevind toe ’n verdagte voertuig by die tolhek afgetrek is – en die maand oue dogtertjie was binne-in die voertuig. Luitenant-kolonel Thulani Zwane het die polisie, nooddienste en almal wat tyd en moeite gedoen het om Siwaphiwe te help opspoor, bedank.

'n Beloning van R250 000 is uitgeloof vir inligting wat sou lei tot die vind van die dogtertjie, asook die skuldige/s se inhegtenisname.

Bronne: ecr.co.za, southlandsun.co.za