• Genoeg vir 4
  • Bereiding: 15 minute
  • Gaarmaaktyd: 15 minute

Jy benodig:

  • 600 g vellose stokvis
  • 60 ml (¼ k) meel
  • 1 eier, liggies geklop
  • 250 ml (1 k) broodkrummels
  • 30 ml (2 t) olie
  • 400 g gevriesde ertjies
  • ’n stuk botter
  • hand vol vars kruisement, gekap
  • gebakte aartappels om mee te bedien (opsioneel)

Maak so:

  1. Sny die vis in 12 vingers.
  2. Plaas die meel, eier en broodkrummels in drie aparte vlak bakke. Bedek die vis in meel, doop in die eier en bedek met broodkrummels. Sit dit op ’n bord en laat dit 10 minute in die koelkas afkoel.
  3. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die visvingers 8 minute of tot goudbruin en gaar; draai dit af en toe om.
  4. Kook die ertjies in ’n pot kookwater 3 minute oor hoë hitte of tot sag. Dreineer, gooi in ’n bak en voeg botter en kruisement by. Druk dit rofweg fyn en geur met sout en peper.
  5. Sit die visvingers met ertjies en gebakte aartappels voor.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.