Tamatiesop met ‘n pasteikappie

Onthou: Pasteideeg word nie lekker gaar in die mikrogolf nie. Maak ’n plan en bak die skilferkorsdoppies afsonderlik in die oond. Maak die sop vinnig in die mikrogolf klaar en sit sy kappie op.

  • Lewer 1,8 L
  • Bereiding: 20 minute
  • Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Jy benodig:

  • 1 rol (400 g) skilferkorsdeeg, ontdooi
  • 1 eiergeel
  • olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
  • 125 ml (½ k) gekapte sopseldery
  • 3 lourierblare
  • 1 L (4 k) groenteaftreksel
  • 2 blikke (400 g elk) botterbone
  • 200 g spinasie
  • 45 ml (3 e) pesto van songedroogde tamaties
  • 5 ml (1 t) gerookte paprika
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • sap en skil van 1 suurlemoen

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Rol die deeg uit en sny in sirkels die grootte van die koppies waarin jy die sop gaan opdien. Pak op ’n bakplaat.
  3. Borsel met eiergeel en bak tot gaar, bruin en uitgepof. Hou eenkant.
  4. Plaas die olie en ui in ’n glasbak en mikrogolf 2 minute tot die ui sag is.
  5. Voeg die res van die bestanddele by. Mikrogolf 5-7 minute tot die sop kook en geurig is.
  6. Skep die sop in die koppies en plaas die skilferkorsdoppies bo-op. Sit warm voor

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.