Oorweeg ’n dratoestel wanneer jy jou baba begin uitneem. Maar maak seker jy kies een wat werk – en veilig is – vir jou en jou kind.

Dis iets waaroor die meeste ouers nie eens wil dink nie: dat hul baba in ’n fratsongeluk beseer word of sterf. Dit sal nog meer ondenkbaar wees as iets gebeur terwyl jy ’n produk gebruik wat ontwerp is om jou baba veilig te hou.

Ongelukkig het hierdie lot Marianne Matthews (35) onlangs getref. Die Britse ma het met haar vyf weke oue baba in ’n draband gaan stap. Terug by die huis het sy gesien haar kind het versmoor. Dit het aan die lig gekom die draband wat sy gebruik het, het verhoed dat die baba asemhaal.

Babadrabande is algemeen en die tragiese dood van klein Eric Matthews het ouers oral erg geskok. Maar hulle is nie noodwendig gevaarlik nie. Ons het vir die gekwalifiseerde suster en vroedvrou Lilian Paramor van die Sister Lilian Centre wenke gevra.

“Allereers moet dit veilig gebruik word,” sê sy. “Wanneer ouers op ’n toestel of hulpmiddel staatmaak, gee hulle die helfte van hul mag prys. Hulle durf nooit gerus raak nie.”

  • Sorg altyd dat die kind se lugweg oop is. Dit sluit in om materiaalbedekkings van sy gesig af weg te hou, sy gesig sywaarts te hou wanneer hy teen jou lê en sy ken van sy borskas af te hou. “Wanneer hulle nog baie jonk is, neig babas om na die fetale posisie terug te keer, en dit kan hul lugweg toedruk.”
  • As jy nie jou kind se gesig kan sien nie, is hy in gevaar. “Ouers moet altyd kan sien of die kind asemhaal. Soms is ouers bekommerd oor blootstelling aan die koue, maar dit is goed om babas se gesig oop te hou; dit laat hulle vars lug inasem en kan hulle wakker hou sodat hulle weet hulle moet asemhaal.”

Kies die regte een

slings_copy pic_hg

- Dalena Theron

Ekstra bronne: babywearinginternational.org, kangapouch.wordpress.com, ombaba.co.za, snuggybub.com, babywearingsouthafrica.wordpress.com, sisterlilian.co.za, babysense.com, alphamom.com, cpmagazine.co.za